Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit "Die dye trek die dye aan"
Uit "Die dye trek die dye aan" [boodskap #118058] Wo, 02 Julie 2008 20:15 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
WAT MAAK OOM KALIE DAAR
Hennie Aucamp

1 Oom Kalie is die gasarties
in elke joint van Cannes tot Nice:
hy slaan sy vrou met die handsambok -
en soek jy slae, kry jy dit ok.
2 Oom Kalie doen sy naam gestand
in elke disko in die land:
hy suip en strip tot hy onthul
'n vyfster-bloukop-Boerelul.


Allersiele, 1997. Heropgeneem in Die dye trek die dye aan)


---------------

[Ongetiteld]
Peter Blum

O Boegoeberg se dam
is 'n doodlekker dam:
dis daar waar die meide
hul okselhare kam.
Ek vlieg daar soos 'n wolbal rond
my pere is van staal:
ek het my angel skerpgemaak
om jou heuning uit te haal.

(Vantevore ongebundel.)
------------------------------------


(Twee ongetitelde verse uit My hart sing sewe moppies, 1996)
R.K. Belcher


Die skip lê vasgehaak
hy lyk soos 'n perd se kaak
bokkie vannag gaan ek by jou
my ankertou laat kraak
*
Die blink skaar van die ploeg
die dol van laat tot vroeg
van al die insteek in 'n voor
is al my ysters moeg
---------------------------------

Uit-oor-lê
Ellen Botha

Sy skrywe haar sprokie met smaak;
die prins laat haar paddatjie kwaak:
Haar toeteltjies tuit,
Haar magie sit uit
En Griet dog hy steek net die draak!

(Tevore ongepubliseer) (sinspeel op die roman Griet skryf 'n sprokie
deur
Marita van der Vyver)
-------------------------------------


Die bok het my gestoot
(volkskwatryn)

Die misbank op die see,
die misbank op die see.
Toe vry ek mos my bokkie
dat sy: Eina gotta! skree.
(Pieter W Grobbelaar: Die rooi lappieskombers: Volkskwatryne, 1997)
Re: Uit "Die dye trek die dye aan" [boodskap #118064 is 'n antwoord op boodskap #118058] Do, 03 Julie 2008 07:02 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:5cf32ddb-8077-4b18-9e9f-a7b08718a13f@d45g2000hsc.google groups.com...

Gloudina "porn" ?
Vorige onderwerp: Survivor 2 -
Volgende onderwerp: Stigting van die NG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 04:34:36 MGT 2024